8559bca6d09b3e09256c98592dab75a8.jpg
81bf08ae89c04b65e772fa60769f5a43.jpg
6e5e13a8a09aaf0cc3097f08d4e27983.jpg
2eb6641f7aecd80e0e479e970a44a975.jpg
c2d08f03f9123e0daabc3848d0ebafde.jpg
52c92b59700ef9cf91df19fbf05cacdb.jpg
da80f63b90f3deb3d1218ec834473ad9.jpg
6bfdcef1a514e2dd509b75ebb3c028b2.jpg
34d4d14185b94b80d0efc05439b54217.jpg

Ons Boerdery

Venter Boerdery is geleë in die Sondagsriviervallei, in die Oos-Kaap, naby die dorpie Addo.

Venter Boerdery (PTY) Ltd is `n familie besigheid wat bestaan uit die stigter, Boeram Venter, en sy twee seuns, Nico en Leroux. Boeram is gebore in 1956 en Matrikuleer in 1974 waarna hy `n graad in B Pharm aan die Universiteit van Potchefstroom (PUK) bekom. Hy onmoet sy vrou, Elsa le Roux, in Pretoria en trou in 1981. Twee seuns is uit die huwelik gebore – Nico (1983) en Leroux (1986).

In 2006 het Venter Boerdery begin diversifiseer. Huidiglik bestaan dit uit Sitrus, Braaikuikens, Bonsmara Stoet, Toerisme en Wild. Die beplanning is alreeds in `n gevorderde stadium om `n kunsmis aanleg to vestig, met hoendermis as hoofbron. Venter Boerdery bestaan uit die volgende plase; Two Step, Disco, Trenley, Hopefield, Hardrock, Tango, Insomi, Foxtrot, BuckKraal, Kuduskloof en Middeldrif.

Die bemagtigingsplaas, Peperlaan, is in 2003 deur Venter Boerdery aan 23 van sy werkernemers bemagtig en funksioneer tans uitstekend.

Die visie en missie van Venter Boerdery is om die eenmansaak te omskep in `n familie besigheid wat volhoubaar kan aanpas by nuwe tegnologie en uitdagings en om ons natuurlike hulpbronne so te bewaar dat ons nageslagte winsgewend kan boer.

Boeram Venter Landscape

Boerdery Afdelings

Sitrus

Die Sondagsriviervallei is sitruswêreld met sy koel gematigde klimaat. Die vallei lewer 20% van Suid-Afrika se uitvoer sitrus en lewer sitrus aan meer as 50 lande. Die Sitrus boerdery bestaan uit `n oppervlakte van 880 hektaar.

Lees verder...

Disco Chicks besit twee braaikuiken plase wat bestaan uit 12 klimaatbeheerde (geisoleerde) huise elk. Elke huis beslaan 1800m2. Plasing van kuikens tot slag duur 35 dae.

Lees verder...

Disco Bonsmara stoet is geregistreer in 2007. Top genetika is bekom deur aanteel koeie, “Golden oldies”, van gevestigde kuddes naamlik Zinabos (Fourie Scheepers), Rutland (Keith Thompson), Hanzyl (Gerrit van Zyl) en Dikdoorns (Chris Welman) te koop.

Lees verder...

Hoendermis word gekomposteer met ander organiese stowwe soos gips, kalk en hout "chips" om onder sitrus bome en weidings te strooi

Lees verder...

Wild word aangehou te Hopefield, Hardrock en Tango. Finansieël lewer dit `n klein bydrae tot Venter Boerdery.

Lees verder...

Geleë in die hartjie van Addo, 'n gunsteling toeriste-aantreklikheid. Dit is geleë 10 km vanaf die wêreldbekende Addo Nasionale Olifantpark. Africanos Country Estate verskaf luukse akkommodasie, raadsaal fasiliteite, konferensie fasiliteit vir 50-500 mense, 'n trou lokaal, Kapel, goeie wyn en "cocktail" kroeg en 'n restaurant met 'n sushi en teppanyaki kroeg.

LEES VERDER...

Ontmoet Die Venters

Boeram Venter

Venter Boerdery (PTY) Ltd is a familiebesigheid, wat bestaan uit die stigter Boeram Venter en sy twee seuns Nico en Leroux.

Boeram is gebore in 1956 en Matrikuleer in 1974 waarna hy `n graad in B Pharm aan die Universiteit van Potchefstroom (PUK) bekom. Hy onmoet sy vrou, Elsa le Roux, in Pretoria en trou in 1981. Twee seuns is uit die huwelik gebore – Nico (1983) en Leroux (1986).

Boeram en Elsa vestig hulself in Kirkwood in 1982 waar hy praktiseer as apteker (50% aandeel in Kirkwood Apteek). Hy bestuur ook in hierdie periode die familieplaas van 30 hektaar (20 hektaar beplant met sitrus). In 1986 vestig hy homself as voltydse boer en begin die sitrus uitbrei.

Nico sluit aan by die boerdery in 2010, nadat hy die graad B Com Honneurs in ondernemingsbestuur aan die Universiteit van Potchefstroom bekom het.

Leroux sluit aan by die boerdery in 2011, nadat hy die graad B Com Geoktrooieerde Bemarking aan die Universiteit van Potchefstroom bekom het.

Venter Boerdery

Megaboere   Venter Boerdery (Kyknet, 22 Nov 2017)

sanlam boer van die jaar

KONTAK ONS

Kontakbesonderhede

Epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Hoofkantoor: 087 945 2341

Pos Adres: Posbus 112, Kirkwood 6120

Vind Ons Hier Maak oop

GESELS MET ONS

Facebook

Vimeo